Covid-19 in SA: Só lyk die syfers nou

Deel hierdie storie / Share this story

Dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, het gisteraand die nuutste Covid-19-syfers in Suid-Afrika bekendgemaak.

Die infeksiesyfer het met 7 150 gestyg. Daar is nou in totaal 1 437 798 positiewe gevalle van die virus in die land.

Die aantal sterftes weens Covid-19 wat in die land aangemeld is, is 43 105 en 1 272 197 persone is van die virus genees.

Die land se gesondheidspanne kon tot op hede 8 15 6239 toetse vir die virus doen.