April 19, 2021

‘Inwoners van Warrenton dalk genoop om self vir dienste verantwoordelikheid te aanvaar’

Die inwoners van Warrenton in die Magareng munisipaliteit gaan al vir etlike maande gebuk onder die munisipaliteit se onvermoë om water na behore te voorsien. Dit mag daartoe lei dat hulle ‘n aksie loods om self verantwoordelikheid daarvoor te aanvaar.

Hierdie is volgens Gert van Heerden, VF-Plus takvoorsitter. Warrenton


Van Heerden het gesê: ‘Vrywilligers het al verskeie pogings aangewend om water aan mede-inwoners te voorsien. Die munisipale bestuurder is ook herhaaldelik versoek om na die swak voorsiening van gesuiwerde water en pompe wat nie werk nie, om te sien. Onlangs is die skuld voor die deur van beurtkrag gelê, hoewel daar in die betrokke periode geen beurtkrag was nie.’

‘In werklikheid is daar ‘n probleem met die dorp se pyplyn. Dit moet water van die pompstasie noord van die Vaalrivier, na die dorp suid daarvan gelei. Die gedeelte wat die rivier oorsteek is egter verouderd en plek-plek stukkend. Dit kan dus nie die nodige water deurlaat nie. Inwoners word soms gedwing om met kanne en emmers vars water vanuit die lekkasie op te vang.’


‘Ervaring het die VF Plus geleer dat die Menseregtekommissie (MRK) nie in staat is om voldoende druk op munisipaliteite wat hulle plig tot watervoorsiening versuim, te plaas nie.’


‘Inwoners van Warrenton oorweeg tans om dieselfde proses te volg wat inwoners van Kgetlengrivier (Koster en Swartruggens) gemagtig het om dienslewering by die munisipaliteit oor te neem. ‘

*persverklaring

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: