ORANIA. – Die roudiens vir Klarissa Joubert (19) sal voorlopig Saterdag 30 Januarie 2021 om 11:00 gehou word.
Die begrafnis sal in Orania plaasvind en ’n regstreekse uitsending sal beskikbaar wees vir mense wat ver woon, ook weens Covid-19-regulasies.
Slegs ’n diens sal gehou word en die teraardebestelling sal dus net vir naaste familie wees.
Verdere inligting sal nader aan die tyd verskaf word.



