Nasionale oorlogsmonument word deur vandale geteiken

KIMBERLEY. – Die Cenotaph-monument in Du Toitspanstraat word deesdae deur vandale geteiken. Daar word selfs daagliks op die trappe van die monument gedrink en dus word dit dan as publieke toilet gebruik.

Soos op foto’s gesien, word rommel daar gestrooi, bronsplate is halfpad verwyder, die ligte is afgebreek en die plek is vuil. Haweloses slaap ook saans hier.

Inwoners van die stad is baie ongelukkig en versoek dat die munisipaliteit die monument moet skoonhou of dit laat omhein.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: