Gekontroleerde ivermektien-behandeling binnekort beskikbaar teen Covid-19

Die regering se reguleringsowerhede vir gesondheidsprodukte (Sahpra) gaan binnekort met ’n gekontroleerde program begin wat ivermektien vir die behandeling teen Covid-19 moontlik maak.

Daar is egter nog nie genoeg bewyse om ’n ingeligte besluit te maak of ivermektien werklik vir die behandeling van Covid-19 werk nie.

Dr. Boitumelo Semete-Makokotlela, Sahpra-hoof, sê: Dit sal ons in staat stel om die proses fyn dop te hou. Dit sal in samewerking met gesondheidswerkers gedoen word.” Daar sal binnekort met gesondheidswerkers hieroor gepraat word.

Die formule wat Sahpra vir sy spesiale program wil gebruik, sal nie die middel wees wat tans in Suid-Afrika vir diere gebruik word nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: