Mpumalanga-premier aanvaar boete

Deel hierdie storie / Share this story

Refilwe Mtsweni-Tsipane, Mpumalanga-premier, het ’n verklaring van skulderkenning geteken en ’n boete aanvaar nadat sy in die openbaar sonder ’n masker verskyn het.

Volgens The South African  het die premier op Sondag 24 Januarie versuim om ‘n masker by die begrafnis van minister Jackson Mthembu te dra.

Mtsweni-Tspiane sê sy het ’n fout gemaak en het nie besef sy dra nie ’n masker nie. In die verklaring se die premier sy het nie bedoel om die wet te oortree nie en sy is rêrig spyt oor die voorval.

“Ek was onverantwoordelik op die begrafnis van my oorlede kollega. Ek het geensins bedoel om die wet te oortree nie. Ek gee my gewillig oor aan die boete wat ons gerespekteerde president opgelê het en sal ook maskers aan die gemeenskap skenk om die belangrikheid daarvan te beklemtoon. My innige spyt,” het sy gesê.

Sy het ook aan die familie van oorlede minister Mthembu om verskoning gevra en sê sy het disrespek teenoor hulle getoon.