Dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, het gisteraand die nuutste Covid-19-syfers in Suid-Afrika bekendgemaak.
Die infeksiesyfer het met 4 551 gestyg. Daar is nou in totaal 1 417 537 positiewe gevalle van die virus in die land.
Die aantal sterftes weens Covid-19 wat in die land aangemeld is, is 41 117 en 1 241 421 persone is van die virus genees.
Die land se gesondheidspanne kon tot op hede 8 01 923 toetse vir die virus doen.



