’n Vrou keer huis toe na haar ‘dood’

Foto: Pixabay

SPANJE. –  ’n Vrou hier het nege dae na haar begrafnis by haar versorgingsoord opgedaag.

Volgens Times Live was Rogelia Blanco (85) se familie in kennis gestel dat sy op die 13de Januarie weens Covid-19 oorlede is. Haar begrafnis sou die volgende dag wees, maar die familie kon, as gevolg van die streng koronavirusprotokolle, dit nie bywoon nie.

Sy het nege dae na haar begrafnis by haar huis in Xove opgedaag. Haar man Ramon Blanco sê dit was oorweldigend. “Ek kon dit nie glo nie.”

Die San Rosendo-stigting sê die verwarring het gekom toe ’n aantal bejaardes positief getoets het vir Covid-19. Die groep is toe geskuif na ’n ander versorgingsoord. Blanco het ’n kamer met ’n ander vrou gedeel.

“’n Identifiseringsfout tydens die oorplasing van Xove na Pereiro de Aguiar het daartoe gelei dat die dood van een van hulle op 13 Januarie gesertifiseer is, hoewel die identiteit verkeerdelik toegeken is.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: