Gesondheidswerkers trou minute voor man sedeer word

Foto: All4Women

ENGELAND.- ’n Paartjie van hier het minute voor die man gesedeer is, getrou, nadat albei Covid-19 opgedoen het.

Volgens All4Women is Elizabeth Kerr (31), ’n verpleegster, en Simon O’Brien (36) , ’n ambulansbestuurder, saam in die hospitaal vir Covid-19 opgeneem.

Simon se gesondheid het gou agteruitgegaan en dokters het gevrees hy sou nie die virus kon beveg nie. Die personeel het ’n voorstel aan Elizabeth gemaak en gesê: “Wil jy in die hospitaal trou? Dit mag dalk jou enigste kans wees.”

Kerr sê dit is nie woorde wat sy ooit wou hoor nie, maar sy het geweet daar is ’n kans dat sy hom nooit weer sal sien nie. Die personeel het binne vier ure ’n troue gereël. Die paartjie is oomblikke voor O’Brien gesedeer was, getroud.  

O’Brien was vir ’n aantal dae in die intensiewesorgeenheid. Sy gesondheid het intussen verbeter, maar beide is steeds in die hospitaal en ontvang suurstof.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: