JOHANNESBURG.- Die tropiese sikloon Eloise het afgeskaal tot ’n depressie nadat sy Saterdag deur Mosambiek getrek het.
Volgens Eyewitness News het die tropiese sikloon reeds tot gevolg gehad dat talle brûe en paaie in Limpopo oorspoel is.
Die sikloon het afgradeer na ’n depressie oor die land, maar provinsies soos Mpumalanga, Limpopo en KwaZulu-Natal maak gereed vir nog sterk winde en oorstromings. Inwoners word versoek om tuis te bly en nie brûe wat oorstroom is of ’n risiko het om te oorstroom, nie oor te steek nie. Wayne Venter, weervoorspeller, sê nog swaar reën kan verwag word.
“Daar is steeds ’n waarskuwing vir moontlike swaar reënval en wydverspreide oorstromings vir die oostelike dele van Mpumalanga, die oostelike dele van Limpopo, die suidwestelike dele van Limpopo sowel as die noordelike dele van KwaZulu-Natal, veral in die oggend-ure.”
Peter Mokaba, ANC-woordvoerder in Limpopo, sê: “Paaie en brûe is beskadig, bome het in die paaie omgeval, wat opeenhoping van verkeer op ons paaie veroorsaak. Ons pleit by lede van die gemeenskap om kalm te bly en tuis te bly.”



