Helikopter ongeluk eis vyf lewens

Foto: EWN

DURBAN.-. ’n Netcare-helikopter het Donderdagmiddag naby Bergville neergestort en die lewens van ’n vlieënier en vier gesondheidswerkers geëis.

Volgens IOL het Richard Friedland, uitvoerendehoof van Netcare, gesê die oorledenes is helde wat aan diens gesterf het. Die vyf helde se naasbestaandes is in kennis gestel.
“Ons innige simpatie is met die gesinne, geliefdes en kollegas van dr. Kgopotso Rudolph Mononyane, ‘n narkotiseur, dr. Curnick Siyabonga (Sia) Mahlangu, ‘n kardiotorakale chirurg en Mpho Xaba, ‘n gespesialiseerde teaterverpleegster vir kardiotorakale oorplanting, almal van die Netcare Milpark-hospitaal. Sinjin Joshua Farrance, ‘n gevorderde lewensondersteunende paramedikus by Netcare 911, sowel as die vlieënier van die helikopter, Mark Stoxreiter, wat vir die National Airways Corporation gewerk het.”

Friedland sê die vyf was op pad na ’n pasiënt wat in ’n kritieke toestand was toe die ongeluk gebeur het.

“Ons is geskok oor die tragiese verlies van hierdie gesondheidshelde. Die hele Netcare word stil en ons buig ons koppe in huldeblyk, respek, liefde en herinnering aan ons gevalle kollegas en voorpuntwerkers wat in die plig gesterf het,” het Friedland bygevoeg.

’n Gedenkdiens is deur die helde se geliefdes en kollegas by die helikopterblok gehou.

Netcare het bevestig dat die oorsaak van die ongeluk nog nie vasgestel is nie, maar owerhede is besig met die ondersoek.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: