Een van 2021 se eerste neigings is die aapstertbaard. Dit word ook die katstertbaard genoem.
Volgens Times Now News is die aapstertbaard gesny om soos ’n lang gekrulde stert te lyk. Dit begin by die man se haarlyn, aan die kant van sy gesig. Die baard loop dan met die kaaklyn af tot by die ken, waar dit om die mond krul en bo die bolip eindig. Sommige mans dra dit sommer onderstebo.
Hoe voel jy oor hierdie neiging?




