S.A.-begrafnisondernemers in penarie

Foto: Pixabay

JOHANNESBURG. – Met die styging van Covid-19-gevalle sien begrafnisondernemers meer en meer lyke wat kiste benodig.

Volgens Eyewitness News het Vuyo Mabindisa, die woordvoerder van die begrafnispraktisynsvereniging, gesê hulle oorweeg dit om kiste van ander lande te koop. Die tweede golf van die Covid-19-pandemie het reeds veroorsaak dat begrafnisse met 70% in die eerste week van Januarie toeneem.  

Mabindisa sê hy is ook bekommerd oor die vertraging in die uitreiking van doodsertifikate. “Die hospitale vertraag die papierwerk en teen die tyd wat ons die papiere kry, is daar ‘n vertraging by Binnelandse Sake.”

Die vertraging met die doodsertifikate is nog ’n las op die families se skouers, aangesien hulle dit benodig om van die begrafnispolisse te eis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: