January 24, 2021

Dink jy tatoeëermerke maak saak in ’n professie?

Foto: Pixabay

Om ’n sigbare tatoeëermerk in sekere professies te hê, was vir ’n lang tyd taboe!

Volgens Tatoodo het nuwe studies bewys al hoe meer praktyke gee nie meer om as hul werknemers sigbare tatoeëermerke het nie. Selfs onnatuurlike haarkleur word deesdae toegelaat.

Dit dien as goeie nuus vir werknemers met tatoes, alhoewel die studies bevind die sigbare tatoeëermerke kan steeds ’n negatiewe effek hê. Sommige maatskappye glo dit stoot kliënte af. Die studie het bewys twee uit drie werkgewers vind tatoeëermerke steeds ’n probleem.

Alhoewel tatoeëermerke ’n meer aanvaarbare en algemene aspek van die samelewing geraak het, is dit steeds ’n groot besluit om te neem. Dink mooi na oor waar die tatoe geplaas sal word. As jy beplan om die tatoeëermerk in jou gesig of nek te kry, moet jy besef dit is steeds drasties vir sommige werkgewers, veral in professies waar jy met mense werk. Hoe die tatoe lyk, het ook ’n invloed op jou werk.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *