Jy vaar deur die lewe op kalm waters en skielik breek ’n storm jou skip in twee. Dit tref jou so hard dat dit voel asof alles wat jy in die lewe opgebou het, nou tot niet is. Daar is niks so seer so wanneer iemand vir wie jy lief is, jou nie meer lief het nie.
Hier is hoe jy daaroor kan kom:
- Dit gaan tyd in beslag neem en nie oornag gebeur nie. Gee jouself al die tyd wat jy nodig het.
- Laat al jou emosies uit, maar moenie dat dit jou in die afgrond in sleep nie.
- Moenie emosies bottel nie.
- Moenie jouself blameer nie en moenie probeer om jouself te oortuig dat dit alles jou skuld was nie.
- Alhoewel een deur toegaan, gaan daar nuwes oop.
- Laat die persoon gaan.
- Wees vir jouself lief en hou op om agter iemand aan te hardloop wat reeds ’n besluit geneem het.
- Vind die krag om jouself op te tel en op te hou om in die verlede te leef.
- Huil.
- Begin aan ’n nuwe toekoms bou.



