Geskok oor toestand van dooie dier

WAARSKUWING: Nie vir sensitiewe lesers nie.

BRAKPAN. – ’n Man was erg geskok oor die toestand van sy dooie hond nadat hy die hond se liggaam by ’n veearts in die stad gaan haal het.

Die hond was glo vir hom in ’n swartsak gegee, met die drup steeds in die hond se poot. Op die foto kan mens die slegte toestand van die dier se liggaam sien.

Volgens die man het hulle hom nie eers gebel om te sê sy hond is dood nie, maar eerder vir hom ’n SMS-boodskap gestuur.

Die man het op Facebook gesê dit is nie die eerste hond wat hy by dié veearts verloor het nie. Een van sy babahondjies is glo 45 minute nadat die veearts hom ingespuit het dood.

Foto’s: Facebook

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: