Die pad

Ek stop by ‘n rooi en wit bordjie voor ‘n onbekende pad wat verder strek as wat die oog kan sien.

Ek het alleen in die motor gesit en gedink dat ek alleen in beheer van die voertuig is, niemand anders nie. Wat ook al op die pad gebeur, is my verantwoordelikheid. Ek het geweet dat ek moet konsentreer, anders sal ek nie by my bestemming uitkom nie.

Ek het op ‘n snelweg beland. Ek het in beheer en vry gevoel met geen bekommernisse of vrese nie. Eweskielik het ek ‘n gevoel van huiwering gekry, want die voertuie was op mekaar. Dit het baie druk op my geplaas. Dit het gevoel asof ek beheer oor alles verloor het. Ek wou opgee en die eerste draai neem om hierdie chaos te verlaat. Op daardie presiese oomblik het ek besef dat ek die regte pad moet bly as ek by my bestemming wil uitkom, al beteken dit dat ek moet die hele tyd agter moet bly.

Ek het begin kalmeer, maar dit het gevoel asof hierdie chaos nooit sou eindig nie. Elke draai wat ek verby gery het, wou ek af draai, maar ek het myself herinner aan my pragtige bestemming. Uiteindelik moes ek die keuse maak in watter rigting ek moet gaan. Gaan dit die draai na links of regs wees? Die draai na links was ‘n vinniger manier om na my bestemming uit te kom. Dit was baie besig omdat almal daardie pad gebruik. Die af draai na regs was die langer pad, maar dit was stiller. Ek het die afdraai na regs geneem aangesien niemand dit wou neem nie.

Op die pad het ek nuwe dinge ontdek en nuwe mense op elke draai en stop ontmoet. Ek het verby die skone natuur gery en ook die hartseer daarvan gesien, soos ‘n kruis met ‘n blomme teen ‘n draad.

Die pad het tot ‘n einde gekom. Ek het by ‘n bord gestop wat gesê: “Jy het jou bestemming bereik. Die Lewe”.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *