February 25, 2021

Sjokolade gif vir dierekinders

Foto deur Wagwalking.

Sjokolade bevat teobromien wat uiters giftig vir honde kan wees.

In groot genoeg hoeveelhede kan die alkaloïed in sjokolade en kakaoprodukte honde se dood veroorsaak. Die gevaar wat dit vir honde inhou, hang egter af van die tipe sjokolade, die hoeveelheid ingeneem en die dier se gewig, verduidelik ’n berig deur Hill’s Pet.

Luidens dr. Faffa Malan, ’n aanlyn-veearts, is teobromien ‘n stimulant van die sentrale senuwee, asook die hart en bloedsomloop. Terwyl mense teobromien maklik metaboliseer, verwerk honde dit baie stadiger. Dit veroorsaak die opbou van toksiese vlakke in hulle liggame.

Verskillende sjokolades het verskillende teobromienvlakke

Kakao, kooksjokolade en donkersjokolade bevat die hoogste vlakke van die alkaloïed, terwyl witsjokolade die laagste het. ‘n Gram donkersjokolade kan genoeg wees om ‘n hond van 20 kg te vergiftig.

Alhoewel klein hoeveelheid sjokolade waarskynlik ‘n ontstelde maag met braking of diarree in honde kan verooroosaak, kan dit in groot hoeveelhede spiertrillings, epileptiese aanvalle, ‘n onreëlmatige hartklop, interne bloeding of ‘n hartaanval veroorsaak. Teobromienvergiftiging word gewoonlik gekenmerk deur ernstige hiperaktiwiteit.

Die gewone behandeling vir teobromienvergiftiging is om braking binne twee uur na inname aan te bring. 

Indien jou hondjie ‘n boks sjokolade opgevreet het, moet jy dadelik ’n veearts skakel. Moenie wag nie, waarsku Hill’s.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: