Motorveiligheid vir die feestyd

Deel hierdie storie / Share this story

Kriminele gaan nie met vakansie in die feestyd nie. Enigiemand staan die kans om beroof of gekaap te word.  Hier is ’n paar wenke oor motorveiligheid vir die feesseisoen.

  • Hou jou motordeure gesluit en jou vensters toe wanneer jy bestuur.
  • Parkeer in goedbeligte gebiede, verkieslik met wagte aan diens.
  • Maak seker dat alle waardevolle items veilig toegesluit is en nie sigbaar is nie.
  • As iemand na jou motor toe geloop kom, moenie jou venster oopmaak nie. As die persoon hulle agterdogtig wek, ry eerder weg.
  • As jou ’n rooi verkeerslig nader, ry stadiger sodat jy dit eers bereik as die lig groen word, veral snags.
  • As jy agter ’n voertuig stop, hou ’n halwe voertuiglengte voor jou oop, sodat jy in ’n noodgeval kan wegkom.
  • Vermy om  laat in die nag en in die vroeë oggendure in onbekende gebiede, wanneer die paaie stil is, te ry.
  • Kyk  altyd in jou truspieël om te sien of jy gevolg word. As jy vermoed jy word gevolg, ry na jou naaste polisiekantoor of na ’n veilige openbare area.
  • As jy gekaap word, moenie die kapers teëstaan ​​of uitdaag nie. Doen presies soos aan jou gesê word. Gee jou voertuig prys en beweeg so vinnig as moontlik weg.