August 4, 2021

Bejaarde (91) eerste om COVID-19-inenting in Engeland te ontvang

ENGELAND. – Margaret Keenan sê sy het die beste verjaardaggeskenk ontvang.

Keenan is die eerste persoon om, ‘n week voor haar 91ste verjaarsdag, die inenting teen COVID-19 te ontvang.

Volgens BBC News het Keenan die eerste uit 800 000 dosisse van die Pfizer Covid-19 inentings ontvang, terwyl nog ’n verdere 4 miljoen teen die einde van die maand in Engeland verwag word.

Die doel is om die kwesbaarste mense te beskerm. Dis die rede waarom mense wat oor 80 is die inentings sal ontvang, asook ‘n paar gesondheidswerkers.

Keenan vertel aan BBC News sy voel dis ’n eer om die eerste mens te wees wat die inenting kry. Sy sien uit daarna om die nuwe jaar haar tyd saam met familie en vriende te spandeer, aangesien sy die meeste van 2020 alleen moes deurbring. Haar advies aan haar medemens is dat as sy, ’n 90-jarige, die inenting kan kry, kan enigiemand anders dit kry.

Premier Boris Johnson het sy bedanking uitgespreek teenoor die NHS en wetenskaplikes wat die inentings gemaak het. Hy voeg by dat saam sal hulle die virus kan oorwin en dat die inenting nie verpligtend is nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *