Bewustelose man in veld gekry

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – ’n Bewustelose man is deur verbygangers in die veld oorkant BuCo in Herculesstraat gekry. Volgens omstanders het die man in die veld geloop toe hy ’n aanval gekry het.

“Hy het op die grond geval en begin ruk. Daar het skuim by sy mond uitgekom,” het ’n vrou gesê.

’n Ambulans is ontbied en die man is na ’n hospitaal vir behandeling geneem.