April 19, 2021

Bestuurder dood toe motor perd tref

ROSHNEE. – Die bestuurder van ’n motor is vanoggend dood toe sy voertuig ’n perd op die R82 buite Roshnee getref het.

Omstreeks 05:30 het paramedici van ER24 op die toneel opgedaag en die motor aan die kant van die pad gevind. ’n Perd is voor die motor gevind.

By nadere ondersoek het Paramedici ’n man gesien wat langs die motor gelê het. Omstanders het die man enkele minute tevore uit die motor gehaal.

Paramedici het die man ondersoek en bevind dat hy talle noodlottige beserings opgedoen het. Niks kon vir hom gedoen word nie en hy is dood verklaar.

Na wat verneem word, het ’n ander voertuig die perd eerste getref en toe die perd voor die tweede voertuig ingeslinger.

Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoeke.

Lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: