BRITS. – ’n Ma (16) en haar kêrel (23) het Maandag in die hof op Brits verskyn omdat hulle glo die ma se ses weke oue baba aanrand. Die kêrel is nie die baba se biologiese pa nie.
Die babaseun is met kneusplekke aan sy gesig en bolyf gevind en ’n ondersoek het gewys dat die mishandeling al begin het toe hy ’n week oud was.
Brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, sê die gemeenskap het die mishandeling aangemeld.
“Die baba is tans in ’n plek van veiligheid.”
Lees meer artikels hier.



