VAN REENEN. – ’n Man het sy lewe verloor nadat sy motorfiets gisteroggend teen ’n vragmotor gebots het. Die man het glo aan ’n gedenkrit vir ’n oorlede motorfietsryer saam met sy motorfietsklub deelgeneem toe die voorval plaasgevind het.
ER24-paramedici was gistermiddag omstreeks 16:20 op die toneel. Die motorfiets sowel as die oorledene is op die N3-snelweg gevind. Die man het verskeie noodlottige beserings opgedoen en geen tekens van lewe getoon nie. Hy is met die paramedici se aankoms dood verklaar.
Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.
Lees meer artikels hier.



