November 23, 2020

Ongelooflike pepermintbrokke

Al wat jy nodig het vir hierdie vakansiebederf is twee bestanddele en ’n mikrogolfoond. Die resep kan binne ’n paar minute gemaak word.

Bestanddele:

1 groot wit sjokolade, gesmelt

3 pepermint-lekkergoedstokkies

Metode:

  • Voer ’n bakplaat uit met waspapier.
  • Plaas die wit sjokolade in ’n mikrogolfvaste bak en verhit dit in die mikrogolfoond tot gesmelt. Roer tot glad.
  • Plaas die lekkergoedstokkies in ’n seëlbare-sak en druk dit stukkend met ’n koppie.
  • Roer die fyngedrukte lekkergoedstokkies by gesmelte wit sjokolade in.
  • Gooi wit sjokolademengsel op die voorbereide bakplaat. Verkoel in yskas tot hard, 1 uur.

Kry meer resepte hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *