December 2, 2020

Twee beseer in skiet- en steekgeveg

KWAZULU-NATAL. ’n Skietery en messtekery het tussen ’n paneelklopper, sy neef en werkers van ’n insleepdiens uitgebreek. Twee mense is geskiet en een is gesteek.

Verskeie oproepe is van inwoners in die omgewing, wat berig het oor ’n skietery tussen insleepdienste en die familielid van ’n paneelklopper, ontvang.

Passasier geskiet

Volgens Roadsafety is twee mans omstreeks 18:12 in ’n Ford Bantam-bakkie gevind. Die passasier is twee keer in sy regterarm en een keer in sy linkerbobeen geskiet. Hy was in ’n stabiele toestand.

Die 48-jarige paneelklopper het verduidelik daar was ’n onderonsie tussen sy neef en werkers van ’n insleepdiens. Hy is na die toneel ontbied om die probleem op te los, maar met sy aankoms het meer insleepvoertuie opgedaag en ’n skietgeveg het gevolg. Sy neef is tydens die rusie gesteek.

Insleepdiens-operateur in die been geskiet

Na bewering is ’n insleepdiens-operateur in die been geskiet, maar is privaat na ’n hospitaal vervoer. Hierdie inligting kon nie onmiddellik geverifieer word nie.

Die Phoenix-polisie was op die toneel en ondersoek die saak verder.

Lees meer hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *