Voel jy uitgebrand? Word so gesond

Voel jy oorwerk en oorweldig? Emosioneel en liggaamlik uitgebrand? Minder gemotiveerd? As jy deurentyd hoë vlakke van spanning ervaar sonder om stappe te neem om dit te bestuur of te verminder, neem uitputting uiteindelik oor.

Aangesien mens nie die simptome van uitbranding sommer opmerk nie, kan dit dit jou vermoë om in alle lewensaspekte te funksioneer, beïnvloed.

Hier is die tekens dat jy sterk op pad is om uit te brand en raad wat jy daaraan kan doen.

Ken die tekens:

  • Vergeetagtigheid en konsentrasieprobleme
  • Minder trots op jou werk
  • Jouself en jou doelwitte uit die oog verloor
  • Sukkel om verhoudings te onderhou en om in die oomblik met geliefdes te wees
  • Frustrasie en geïrriteerdheid met kolegas
  • Onverklaarbare spierspanning, pyn, moegheid en slapeloosheid

Dit is noodsaaklik om op te tree om uitbranding aan te spreek, aangesien dit gewoonlik net erger word. Die volgende tien stappe kan jou help om op die pad na herstel te begin.

  • Soek die bron
  • Identifiseer onmiddellike veranderinge wat jy kan aanbring
  • Praat met mense wat jy vertrou
  • Ondersoek jou opsies
  • Neem beheer terug
  • Stel grense
  • Oefen selfmedelye
  • Let op na jou behoeftes
  • Onthou wat jou gelukkig maak
  • Praat met ’n terapeut

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: