April 18, 2021

Vier kinders dood na ouers glo met sigaret aan die slaap raak

STAFFORDSHIRE. – Vier kinders tussen drie en agt jaar oud is dood in ’n huisbrand nadat hul ouers glo aan die slaap geraak het terwyl hulle in die bed gerook het.

Volgens iheartintelligence het die ondersoek onthul dat die kinders gesterf het aan rookinaseming wat veroorsaak is deur ’n sigaret wat nie geblus is nie.

Die ouers, wat daarin kon slaag om te ontsnap, kon die kinders nie red nie omdat die brand ‘te intens’ was. As gevolg van ’n gebrek aan bewyse, bly die optrede van die ouers agterdogwekkend, berig iheartintelligence.

Die ouers is weens ernstige nalatigheid in hegtenis geneem. Hulle inhegtenisneming het plaasgevind nadat die lykskouer uitgevind het die glas wat ooreenstem met dié van ’n asbak in die huis, is in die matras vasgesmelt.

Lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: