February 28, 2021

Seun (13) verdrink

MEYERTON. – ’n Seun wat vermoedelik 13 jaar oud is, het gistermiddag by ’n swembad in Meyerton verdrink.

Volgens ER24 het paramedici kort voor 13:30 op die toneel aankom. Hulle het lewensredders gevind wat besig was om KPR op die seun uit te voer. Paramedici het voortgegaan met die KPR, maar ten spyte van die pogings van alle betrokkenes is die seun kort daarna op die toneel dood verklaar.

Verdere omstandighede rondom die voorval is nie in hierdie stadium bekend nie. Die polisie was op die toneel vir verdere ondersoek.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: