AUSTRALIË.- Die polisie het 46 kinders, insluitend babas in een van die grootste vermeende gevalle van seksuele misbruik van kinders in die land se geskiedenis, gered.
Volgens Dailymail is veertien verdagtes in verband met die gebeure, wat deur ondersoekbeamptes as afskuwelik bestempel is, in hegtenis geneem.
Al is 828 klagte reeds gelê, het ondersoekbeamptes nie verdere inhegtenisnemings of die identifisering van addisionele slagoffers in Australië en oorsee uitgesluit nie. Die vermeende oortreders word daarvan beskuldig dat hulle kindermishandelingmateriaal vervaardig en aan ’n aanlyn netwerk gedeel het.
Onder die vermeende oortreders van tussen 20 en 48 jaar oud, is daar ’n kinderversorger, vrywillige sokkerafrigter en hulpverlener vir gestremdes. Dit her aan die lig gekom dat hulle na bewering die kindermishandeling opgeneem het en die onwettige inhoud aanlyn gedeel het.
Lees meer berigte hier.



