Vrou byt verkragter se tong af

Deel hierdie storie / Share this story

OOS-KAAP. – ’n Man (33) se tong is deur ’n slagoffer (65) afgebyt toe hy haar glo probeer verkrag het.

Kol. Sibongile Soci, polisiewoordvoerder, sê die vrou het Saterdagaand 7 November 2020 alleen in haar huis geslaap toe sy wakker word van ’n man wat deur haar venster klim. “Die verdagte het die vrou probeer verkrag en haar kragtig gesoen toe sy sy tong afbyt. Die man se tong het op die grond geval en hy het van die toneel gevlug.”

Die polisie het die verdagte in ’n hospitaal in Cofimvaba opgespoor, waar hy op Sondag 8 November 2020 in hegtenis geneem is. Hy is tans onder polisiebewaking in die hospitaal.