POTCHEFSTROOM. – Die vier maande oue babaseuntjie wat Woensdag omstreeks 14:00 op die hoek van Kock- en Chris Hanistraat in Potchefstroom ontvoer is, is ongedeerd gevind.
Kapt. Aafje Botma, polisiewoordvoerder, sê die baba is veilig en terug by sy ma.
“Die man wat die motor bestuur het, is naby Ikageng vasgekeer terwyl die vrou met die baba in Rustenburg gevind is.”
Die twee verdagtes is tans in aanhouding en sal Maandag 9 November 2020 in die Potchefstroom-landdroshof op ʼn aanklag van ontvoering verskyn.



