Stormers wen teen Griekwas

Deel hierdie storie / Share this story

Kimberley. – Die Stormers het die Tafel Lager Griekwaland-Wes rugbyspan vanmiddag hier op Tafel Lager Park op ‘n drafstap oortuigend met 39-6 in hul Superrugby Unlock-kragmeting geklop.

Die besoekers het van die afskop oorheers en rustyd gerieflik met 15-3 voorgeloop.

Kort na rustyd het Griekwas met hul tweede strafdoel geslaag om die telling 15-6 te maak.
Die besoekers se agterlyn het weer vlamgevat en hul oorvloed balbesit ten volle benut om nog vier drieë te druk vir bonuspuntoorwining.

Heelagter Warrick Gelant het met skitterende lopies aanvalle geloods en die Blitzbok Angelo Davids het ook beïndruk.

Hierdie oorwinning neem die Stormers na die tweede plek op die punteleer.
Griekwas sal moet diep moet gaan delf om hul voete in hierdie uitdagende kompetisie te vind.

Puntemakers: Stormers 39 (15): Drieë: Ernst van Ryn, Angelo Davids, Dan du Plessis, Neethling Fouche, Juarno Augustus, Damian Willemse. Doelskoppe: Damian Willemse 3: strafdoel: Willemse.
Griekwas: 6 (3) strafdoel: Tinus de Beer 2.