Probeer hierdie lekkernye!
Bestanddele:
- 1 tot 2 pakkies Cream Crackers
- 1 liter melk
- 1 blikkie kondensmelk
- 1 teelepel vanieljegeursel
- 3 eiers
- 2 eetlepels margarien
- 80 ml vlapoeier
- 2 koppies versiersuiker
- 40 ml kookwater
Metode:
- Mikrogolf op hoog: die kondensmelk, melk en margarien, tot kookpunt. Roer na 5 minute. Sal na ongeveer 10 minute kook.
- Klits die eiers, vlapoeier en vanieljegeursel saam.
- Voeg ’n bietjie van die warm melkmengsel by die eiermengsel, roer goed en voeg dan die eiermengsel by die melkmengsel.
- Mikrogolf 5 minute op hoog, roer ongeveer elke minuut.
- Klits tot glad.
- Rangskik die Cream Crackers onder in ’n gesmeerde houer, gooi die vlamengsel daaroor en voeg dan nog ’n laag Cream Crackers by.
- Laat in die yskas om heeltemal af te koel.
- Meng die versiersuiker met die kookwater en giet dit oor die skywe. Sit weer ’n paar uur in die yskas.
- Sny in blokkies.



