Lyk van man langs pad gevind

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Die liggaam van ’n man (43) is vanoggend omstreeks 07:00 deur ’n verbyganger op die R31 ongeveer 29 km buite Kimberley na Barkly-Wes gevind.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die man was glo ’n slagoffer van ’n ongeluk, maar geen voertuig kan tans met die ongeluk verbind word nie.

Die man is deur nooddienste op die toneel dood verklaar.

Enigiemand met inligting word versoek om a.o. Lemon by 082 302 0407 te skakel.