WELLINGTON. – Armand Carstens (19), ‘n skolier van Hoërskool Hugenote, is vroeg vanoggend in ‘n motorongeluk hier oorlede.
Carstens, ‘n oud-leerling van die Hoërskool Diamantveld in Kimberley, was op pad huis toe, toe hy en ‘n vriend in ‘n ongeluk betrokke was.
Armand is die jongste seun van Cassie Carstens, voormalige uitvoerende hoof van Boland Rugby en oud-Kimberliet.
Armand word oorleef deur Cassie, sy pa, Matty, sy ma, sy suster Bianca en sy broer Casey.
Rudi Ferreira, familievriend en woordvoerder van die familie, sê dit is nog onduidelik hoe die ongeluk gebeur het.
Geen begrafnisreëlings is al getref nie. Alle navrae kan na Rudi Ferreira by 0716867200, verwys word.



