30 Jaar se herinneringe uitgebrand

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Rose van der Merwe se hele lewe lê nou aan skerwe nadat haar familiehuis van 30 jaar vandag in Diagonalstraat, Kimberley-Noord, afgebrand het.

Van der Merwe het emosioneel aan FiND iT vertel sy het haar kinders en kleinkinders in die huis grootgemaak.

Volgens bure het iemand ’n vuur op die huis se stoep gemaak. Van der Merwe was by die werk toe mense haar ingelig het van die brand.

Die brandweer is steeds besig om die oorsaak vir die brand te ondersoek.