CENTURION. – Tymera van Leur (25) wat Saterdagaand omstreeks 19:30 vermis geraak het, is ongedeerd gevind.
Van Leur is Sondag laatmiddag veilig gevind. Sy was glo by vriende en haar foon se battery was pap. Sy was onder die indruk haar boodskap aan haar familie het deurgegaan.
Kapt. Anthony Breedt, polisiewoordvoerder, het bevestig die vrou is gevind.



