Snaakse gediertes – armadillo girdled lizard

Deel hierdie storie / Share this story

Die armadillo gridled lizard is ’n spesie akkedisse in die familie Cordylidae. Die spesie is endemies aan woestyngebiede langs die weskus van Suid-Afrika. Hierdie diertjie het ’n buitengewone anti-roofdier-aanpassing waartydens hulle hul sterte in hul monde neem en hulleself in ’n balletjie oprol wanneer hulle bang is. Dit is ’n manier om hulself teen roofdiere te beskerm. Die dik skubbe langs hulle rûe en aan hulle sterte beskerm hulle.

Hulle bly gewoonlik op rotse en sandsteen. Hulle skuil in rotsskeure en bly gewoonlik in groepe van 30 tot 60. Die mannetjies is territoriaal en beskerm die gebied.

Die akkedisse eet meestal klein insekte en spinnekoppe, maar sal ook soms plantmateriaal eet.

Die wyfies gee geboorte aan een of twee lewendige kleintjies. Die spesie is een van die min akkedisse wat nie eiers lê nie. Die wyfie kan selfs haar kleintjies voer, wat ook ongewoon is vir ’n akkedis.