Verkeersdepartement toe weens stakings

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Die verkeersdepartement in Kimberley is vandag toe weens stakings. Die departement sal glo vir die res van die week toe wees.

Mense wat daar was vir lisensies is na bewering uit die gebou gejaag. Die personaal het glo ook in hul karre geklim en die kliënte net so gelos.

FiND iT het navraag by die verkeersdepartement en die Sol Plaatje-munisipaliteit gedoen, maar wag steeds vir terugvoer.