KWAZULU-NATAL. – Die polisie hier het op 2 Oktober 2020 ’n gesamentlike operasie op die N3-snelweg suidwaarts op Orthmannweg gedoen.
Terwyl hulle besig was met hul pligte, het hulle ’n swart BMW-voertuig gesien wat op die N3-snelweg suidwaarts ry. Die voertuig is deursoek en ’n renosterhoring, wat 1,2 kg weeg, is gevind. Die waarde van die renosterhoring is R1,2 miljoen. Die polisie het beslag gelê op die voertuig waarin die renosterhoring vervoer is.
’n 30-Jarige verdagte is in hegtenis geneem en aangekla vir die besit van ’n renosterhoring.




