Die Noord-Kaapse departement van gesondheid het die nuutste Covid-19-syfers in die provinsie bekendgemaak.
Daar is nou 16 065 positiewe gevalle, waarvan 13 167 van die virus genees is. Daar is dus 2 699 aktiewe gevalle van die virus in die provinsie.
Die sterftesyfer staan steeds op 197.



