OUDTSHOORN. – ’n Jaar nadat Marilize Nortier (18) in ’n motorongeluk net buite Oudtshoorn dood is, gaan ’n man, die bestuurder van ’n BMW-voertuig, vir haar dood vervolg word.
Nortier se liggaam is op 22 September 2019 tien km buite Oudtshoorn op die passasiersitplek van ’n motorwrak gesien. Die nadoodse ondersoek het aangedui dat Nortier veelvuldige beserings opgedoen het en toe verdrink het.
Die bestuurder het glo beheer oor die motor verloor en dit het in ’n sloot met water beland.



