Nuwe manier van kinderontvoering of kaping?

Deel hierdie storie / Share this story

RUSTENBURG. – ’n Nuwe verneukspul doen glo die rondte in Rustenburg waar vroue voor skole geteiken word. Wanneer die ma uitklim om haar kinders by die skool te gaan haal, word ’n gholfbal tussen die remskyf en wiel geplaas. Dit maak dan ’n groot geraas en veroorsaak dat die persoon aftrek om ondersoek in te stel. Dit is dan wanneer kinders ontvoer word of voertuie gekaap word.

’n Vrou van Rustenburg, wat anoniem wil bly, is gister geteiken. Sy het kopgehou om stadig huis toe te ry, waar haar man die gholfbal verwyder het.

Waarskuwings is oral op Facebook- en WhatsApp-groepe uitgestuur.