Frogfoot begin vandag pale in erfenisarea uithaal

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Frogfoot haal vanaf vandag die teerpale wat onregmatig in die erfenisareas van Kimberley opgerig is.

Jacques du Toit, bedryfshoof van Vox Telecoms, sê die pale in dié areas word vanaf vandag uitgehaal.

Du Toit sê Frogfoot, ’n affiliaal van Vox Telecoms, werk nou saam met die Sol Plaatje-munisipaliteit om die nodige toestemming te kry om optiese kabels in Kimberley aan te bring. Die maatskappy was nie bewus dat die erfenisraad toestemming moet gee vir die oprig van pale in die erfenisareas nie.

Die Sol Plaatje-munisipaliteit het tot op hede nog nie vrae beantwoord oor hoekom dié maatskappy nie ingelig is oor die erfenisareas van Kimberley nie, asook oor hoe die toestemming om pale op te rig hier gewerk het nie. FiND iT het ’n onderhoud met die munisipale bestuurder aangevra en wag vir terugvoer.

Lees die volledige persverklaring vanaf Frogfoot hier: