September 28, 2020

Sanlam – BEGIN JOUSELF BETAAL

Dit is belangrik om vir die toekoms te spaar, of dit nou vir aftrede, ‘n kind se opvoeding of tye van nood is. Die belangrikste is om gefokus te bly. Per slot van rekening lewe ons in ‘n verbruikers-gesinde wêreld waar dit baie maklik is om toe te gee aan die konstante drang om te hê wat ander het.

Die meeste mense bestee eerste geld aan wat hulle wil hê en los hulle spaar vir laaste. Dit is omdat beste ding onmiddellik sigbaar en tasbaar is. Nogtans is die enigste manier om spaar vir jou te laat werk, om jouself eerste te betaal, anders sal jy nooit enige geld oorhê vir toekomstige doelwitte en geleenthede nie.

Selfsorg vs. selfsabotasie

Jou toekoms is net so belangrik soos die rekeninge wat jy nou moet betaal. Jy moet ook vir die ‘toekomstige jy’ sorg. Dink aan spaar as ‘n manier van self-sorg. Jy skep vir jouself geleenthede in die toekoms, hetsy om ‘n nuwe besigheid te begin of gemaklik te lewe wanneer jy nie meer ‘n salaris kan verdien nie.

Wat beteken dit om ‘jouself eerste te betaal’?

Om jouself eerste te betaal, is een van die oudste reëls van persoonlike finansiële beplanning. Sodra jou salaris in jou bankrekening is en sodra jy rekeninge begin betaal, behoort jy geld opsy te sit vir spaar of die betaling van skuld. Hoeveel jy jouself betaal, hang van jou af: Jy kan elke maand ‘n klein bedraggie in ‘n spaar- of beleggings-medium betaal of ‘n vaste persentasie van jou salaris oordra na ‘n rekening waaruit jy bedrae wat jy wil spaar, kan toedeel.

Vier stappe om ‘jouself eerste te betaal’

  1. Belê in die ‘toekomstige jy’

Net soos die skoolgeld, die telefoon rekening en die alarm maatskappy, verdien die ‘toekomstige jy’ om betaal te word. Deur jouself eerste te betaal, maak jy spaar ‘n prioriteit. Om elke maand geld opsy te sit om jou toekomstige oes, by wyse van spreke, te groei, is bemagtigend. Dit help jou om jou lewenstyl oor tyd te handhaaf en te verbeter.

  • Bemagtig jouself met inligting

Kennis is mag en as jy jouself eerste gaan betaal, moet jy ‘n metode vind wat vir jou werk. Net soos jy baie navorsing sou doen oor die regte oefen- of gesondheid-program vir jou lewenstyl, moet jy ‘n praktiese en volhoubare manier vind om jouself te betaal.

  • Kry finansiële advies

Dit kan moeilik wees om te weet waarop jy jou spaar pogings moet fokus. Jy moet dalk ook vir ‘n huis of ‘n motor spaar, maar dis belangrik om holisties na jou spaar te kyk. Gesels met ‘n finansiële adviseur oor jou spaar- en finansiële doelwitte om jou te help om die regte balans te vind.

  • Maak jou spaar doelwitte baie sigbaar

Dis belangrik om ‘n goeie idee van jou spaar doelwitte te hê, en baie duidelike spaar doelwitte sal help. Navorsing het bewys dat mense wat geld vir baie spesifieke doelwitte belê, op langtermyn baie meer spaar. Dit gaan daaroor om minder op die hede en meer op die toekoms te fokus.

Drie maniere om minder te bestee

  1. Die wêreld maak dit makliker om sonder kontant oor die weg te kom, maar ons behoort ons geld meer sigbaar te maak. Ons moet perke stel om ons te help omte dink voordat ons geld uitgee. Stel ‘n week lank die ‘koevert metode’ op die proef: bestee net die geld waarvoor jy daardie week begroot het. Jy sal waarskynlik minder bestee.
  • Probeer om emosionele besteding, soos byvoorbeeld om nuwe tegnologie te koop omdat jy verveeld of treurig voel, te beteuel. Vervang dit met iets anders, soos om ‘n vriend te bel.
  • Probeer om net eenkeer per maand op ‘n groot inkopie tog te gaan en jou inkopies net eenkeer per week aan te vul. Hoe minder tyd jy in die winkels bestee, hoe beter vir jou bankrekening.

Dis belangrik om baie eerlik met jouself te wees oor die verskil tussen selfsorg en self-sabotasie, en vir die ‘toekomstige jy’ te sorg deur duidelike finansiële doelwitte te stel. Oorweeg dit om ‘n finansiële beplanner te raadpleeg voordat jy enige groot besluite oor jou spaar en beleggings neem.

Kontak my gerus:

Martha Jansen

Bodleystraat 14

New Park

Kimberley

Tel:  053 244 0871

Sanlam is ‘n Gelisensieerde Finansiële dienste verskaffer

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: