KIMBERLEY. – Daar is amper niks so oulik soos ‘n klein hondjie nie. Dit wil sê, mits jy hom of haar vinnig ge-“pottry train” kry.
Hier is ses maklike stappe om te volg om dié proses te vergemaklik:
- Hou jou hondjie in ‘n streng roetine. Neem hom of haar elke twee tot drie ure buitentoe. Neem ook jou hondjie direk nadat hy geslaap het buitentoe en kort nadat hy geëet of gedrink het.
- Kies ‘n plek buite – bv. ‘n plekkie op die gras – waarheen jy hom elke keer neem sodat hy dit herken. Gebruik dan ‘n spesifieke werkwoord wat vir hom sê wat om te doen. (Dié woord maak nie juis saak nie, dit is hoe jy en jou hondjie self kommunikeer.)
- Elke keer as jou hondjie buite piepie, prys hom of haar. Gee vir hom of haar ‘n spesiale bederfdingetjie.
- Sit jou hondjie op ‘n streng eet-skedule, sodat jy weet wanneer om hom uit te neem.
- Verwyder sy waterbak een uur voor slaaptyd en neem hom buitentoe reg voordat hy moet gaan slaap.
- Wanneer hy/sy in die aand wakker word, moenie te veel praat nie en moenie geraas maak nie. Dan dink jou hondjie jy wil speel en gaan jou hondjie nie vinnig weer slaap nie. Neem hom buitentoe, sonder om veel te praat, sê die werkwoord wat hom beveel om buite te potty train en neem hom terug binnetoe.
Sterkte!
Deur Mienka Ferreira, eienaar van só ‘n klein hondjie.



