KIMBERLEY. – Airlink, wat nou hier in Kimberley sy vlerkte sprei, is ‘n onafhandelike lugredery, met sy eie unieke 4Z-vlugkode en kliënte kan nou direk vlugte vanaf Kimberley hier bespreek.
Dié lugredery, wat al 28 jaar in diens is, is ’n privaatonderneming wat verskeie streke en bestemmings in Suidelike Afrika diens, onder meer Kimberley na Johannesburg, asook Kimberley na Kaapstad.
Meer vryheid en reisgeleenthede
Karin Murray, bemarkingsbestuurder van Airlink, sê omdat die lugredery nou onder sy eie 4Z-vlugkode bedryf word, maak dit baie geleenthede oop. “Ons het meer vryheid, ons het meer keuses en meer reisgeleenthede.”
Grootste privaat lugredery
Murray sê die Sunbird-logo op die vliegtuig, moet jou dadelik aan Airlink laat dink. “Jy weet dan jy vlieg met Suid-Afrika se grootste privaat lugredery.” Airlink spog met meer as 50 regional jets regoor Suidelike Afrika.
Murray sê met trots dat Airlink in 2019 meer as 2 miljoen kliënte met meer as 63 000 vlugte vervoer het. Dit sluit in 55 roetes en 39 bestemmings in nege Afrika-lande, asook St. Helena-eiland. “Ons kliënte vlieg ongeveer 40% vir plesier en 60% vir besigheid.”
Mees stiptelike lugredery
Verder is Airlink 95% van die tyd betyds. “Dit is ’n bewys van ons toewyding en deursettingsvermoë om aan ons kliënte die beste diens te lewer. Ons weet mense hou niks van wag nie. Nou, in 2020, word Airlink deur die burgerlugvaartowerheid as die mees stiptelike lugredery gesien. Dit wil gedoen wees!”
Vlieg nou met Airlink vanaf Kimberley na Johannesburg en Kaapstad. Vlugte begin op 17 Augustus. Vir ’n volledige lys van vlugtye, klik hier.



