Maanhaarjakkals kry tweede kans

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – ’n Maanhaarjakkals, BeetleJuice, het ’n tweede kans gekry nadat hy glo met ’n haelgeweer geskiet is. Die aardwolf is drie weke gelede deur sy eienaars na die Kimberley Veterinary-kliniek gehaas nadat hy vir ’n tyd lank vermis was.

“Ons vermoed dat hy geskiet is. Sy regteragterpoot is heeltemal af en hy het wonde aan sy rug en aan sy linkeroor gehad. Met radiografieë kon ons sien wat lyk soos oorblyfsels van die geweerkoeëls.”

Na ’n lang en beproewende herstel, met kundige veeartsenykundige sorg van dr. Sherike van der Merwe en die res van die Kimberley Vet-span, met baie liefde en sy onbreekbare gees, het BeetleJuice ’n nuwe huis gekry.