Brand by gastehuis eis nege lewens

Deel hierdie storie / Share this story

WITDRAAI – Nege mense het hul lewens verloor en ’n hele gesin is uitgewis ná die Blinkwater-lodge in die Kalahari in die vroeë oggendure van Sondag 16 Augustus 2020 afgebrand het. Onder die nege sterftes is vyf kinders en drie volwassenes.

Drie persone het sonder enige beserings oorleef. Een kind word steeds vermis. Twee persone is in die hospitaal met brandwonde opgeneem. Die negende persoon is in die Christiaan Barnard-hospitaal in Kaapstad se waakeenheid aan sy beserings dood.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die oorsaak van die brand is in hierdie stadium onbekend. “Die polisie se soek-en-redding-lede sal na die vermiste kind soek terwyl ’n brandkenner die toneel sal fynkam om die oorsaak van die brand te bepaal.”